Reaksie op internasionale Chinese bou-reus wat Keetmans-kontrak kry

‘n Chinese boumaatskappy het die 110 miljoen Namibiese dollar kontrak ontvang vir die konstruksie van die nuwe Keetmanshoop Beroepsopleidingsentrum. Die goewerneur van die Karas-streek Aletha Frederick het die perseel formeel aan die Shanxi-groep oorhandig. Maar, daar is talle plaaslike konstruksie maatskappye in die streek, wat ook gebuk gegaan het onder die Covid-inperkings… die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê nuwe regulasies is nodig om plaaslike maatskappye in die verband te ondersteun.