Neanderthal-geen beskerm teen Covid
Die jongste navorsing in verband met Covid, toon dat ‘n genetiese afwyking van die sogenaamde OAS-groep, ‘n erge infeksie van Covid verhoed. Die eerste navorsing is op mense van Europese afkoms gedoen omdat die groep gene van die Neanderthal afkomstig is. Die afwyking bied tot 23 persent beskerming. Maar, volgens die navorsers kom die afwyking ook in Afrikane voor. Die bevindings, wat in die vaktydskrif Nature Genetics gepubliseer is, sal belangrik wees vir die ontwikkeling van medisyne vir die behandeling van Covid.