Omikron oorleef baie lank op plastiek, vel
Die jongste navorsing in verband met Omikron toon dat die variant langer op plastiekoppervlakte en die vel kan oorleef as die vorige variante. Die studie, wat in Japan uitgevoer is, stel voor dat dit moontlik die rede is vir die vinnige verspreiding van die variant teenoor die vorige drie. Omikron oorleef vir 193,5 ure op plastiek en 21 ure op die vel. Maar, handreinigers met ‘n alkoholbasis veroorsaak dat alle variante binne 15 sekondes gedeaktiveer word.