Olie en gas tameletjie in Oos-Europa

Toenemende spanning tussen die Weste en Rusland oor die Oekraïne het kommer laat ontstaan oor noodsaaklike vloei van Russiese olie en gas na Europa, wat die Verenigde State aangespoor het om versekering te bied dat hy sy Europese bondgenote sal help om alternatiewe voorrade te vind. Maar kenners meen dit kan dalk onmoontlik wees omdat die wêreld se olie- en gasprodusente reeds sukkel om aan die wêreldvraag te voldoen, wat ru-oliepryse tot hul hoogste vlak sedert 2014 opgestoot het. Europa staan by sy Amerikaanse bondgenoot en sy Navo-verdrag saam met die Oekraïne teen Rusland. Maar Europa is uiters afhanklik van Russiese olie en gas.