Bulle wens Jake White, Elrigh Louw geluk
Rugby: Die Bulle het hulle direkteur van rugby, Jake White, en die losvoorspeler Elrigh Louw gelukgewens met hulle onderskeie toekennings as die Suid-Afrikaanse rugby-afrigter van die jaar en die Curriebeker speler van die jaar vir 2021. SA Rugby het die wenners van die gesogte toekennings vandag aangekondig. White was benoem saam met die Springbok-mentor, Jacques Nienaber, en die Springbok-Sewespan se afrigter, Neil Powell. Louw se prestasies in ‘n suksesvolle seisoen vir die Bulle het erkenning gekry toe hy sy spanmaat, Johan Goosen, en Evan Roos van Westelike Provinsie uitgestof het.