Wanneer rol die Desert Express se wiele weer?
Die luukse Suid-Afrikaanse trein Rovos Rail het sy eerste treinsafari van tien dae sedert 2019 in Namibië gedoen. Die trein met 18 waens is vanaf die Ariamsvlei-grenspos met TransNamib se lokomotief gesleep. Die treinreis het Lüderitz, Keetmanshoop, Windhoek, Otjiwarongo en Tsumeb ingesluit en vandag op Swakopmund geëindig. Gaste het onder meer die Visrivier-canyon, Sossusvlei en die Etosha Nasionale Park besoek. Kosmos 94.1 Nuus het aan Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder gevra wanneer Namibië se eie Desert Express se wiele weer gaan rol. Sy het só geantwoord: