Natuurlewe-veeartseny Hospitaal sien om na die ietermagô

Die Johannesburgse Natuurlewe-veeartsenykundige Hospitaal sien om na die welstand van bedreigde ietermagôs. Die hospitaalkamer is lugverkoel om te voel soos ‘n ietermagô se grondholte. Verskeie ietermagôs word in die hospitaal behandel nadat hulle van handelaars gered is. Hulle word dan na maande van behandeling en rehabilitasie in die natuur vrygelaat. Die soogdiere is hoogs verhandelbaar weens hul skubbe wat in Asië gebruik word, omdat dit verkeerdelik volgens Asiate medisinale eienskappe het.