Eerste Suid-Afrikaanse film met net swart akteurs vandag vertoon
Die Mangrove in Braamfontein, Johannesburg, wys vandag Joe Bullet, die heel eerste Suid-Afrikaanse rolprent met net swart akteurs, wat in die 1970’s geskiet is. Die organiseerders hoop om ter herinnering aan Vryheidsdag jong mense op te voed oor die ryk kultuur van swart televisie en storievertel in die land. Onder die akteurs is mense soos Abigail Kubheka en Sol Rachilo. Die sameroeper van die geleentheid Makgotso Nkosi sê hulle vereer ook die rol van akteurs wat swart stories vertel het wat deur die stelsel afgekraak is.