Werkersdag het sy glans verloor
Ten spyte van die belangrikheid wat deur georganiseerde vakbonde aan Werkersdagvieringe wêreldwyd geheg word, is kommentators van mening dat die dag, wat vandag herdenk word, plaaslik sy betekenis verloor het. Sommige waarnemers het die dag se relevansie bevraagteken en glo dat dit nou ‘n spook van sy voormalige self is, aangesien vakbonde hul voor-onafhanklikheidglans verloor het, terwyl werkers aan die ontvangkant van werkverliese, stagnante salarisse en werkskaarste is. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers en veteraan vakbond-leier, is aan die woord.