Bittersoet oorwinning vir die Leeus
Die Leeus het uiteindelik weer ‘n oorwinning in die Verenigde Rugbykampioenskap behaal deur Benetton gistermiddag 37-29 te klop. Dit was egter te laat om ‘n verskil te maak, want die Johannesburgse span kon reeds nie die uitspeelwedstryde haal nie. Die Stormers het ‘n groot skare in Kaapstad gisteraand vermaak toe hulle die Ierse reuse Leinster 21-13 geklop het. Die tuisspan het ongelukkig ‘n bonuspunt misgeloop. Die Haaie het vroeër die derde plek op die VRK-punteleer ingeneem toe hulle Connacht in Durban 41-21 verslaan het.