N$4,48m vir ‘n 13-maande oue vers…
’n 13-maande oue Wagyu-vers het die duurste vleisbeesdier wat nog in Australië verkoop is geword, en het 400 000 Australiese dollar, of 4,48 miljoen Namibiese dollar, by ‘n veiling in Melbourne behaal. Sunnyside, met registrasiemerk S00014, is by Inverell in Nieu-Suid-Wallis geteel. Dit is dit hoogste prys wat ooit in die land vir ‘n koei of ‘n bul betaal is en bedryfsveterane meen dat ‘n nuwe tendens, om meer vir koeie as bulle te betaal, nou houvas sal begin kry. Dit het die vorige rekord van 325 000 Australiese dollar, wat in Queensland in 2017 deur Brahmanbul, NCC Justified, behaal is, oortref. Wagyu beesvleis verkoop vir ongeveer 50 Amerikaanse dollar, 794 Namibiese dollar, per 100 gram.