Nasa gaan ongeïdentifiseerde lugverskynsels navors
Nasa gaan ‘n ondersoekspan aanstel om later vanjaar ongeïdentifiseerde lugverskynsels te bekyk. Nasa sê in ‘n verklaring die studie, wat in September sal begin, behels waarnemings in die lug wat nie as vliegtuie of enige ander bekende natuurverskynsels geïdentifiseer kan word vanuit ‘n wetenskaplike oogpunt nie. Nasa sê die beperkte aantal waarnemings van ongeïdentifiseerde lugverskynsels tans, maak dit moeilik om wetenskaplike afleidings te maak. Nasa sê ook daar is geen bewyse dat ongeïdenfiseerde lugverskynsels se oorsprong in die buitenste ruim is nie.