NLU help boere met korrekte berekening van grondbelasting
Die Namibiese Landbou-unie het ‘n aflaaibare berekeningsfasiliteit aan hul lede gedeel om hulle in staat te stel om hul grondbelasting te bereken of seker te maak die bedrag is korrek uitgewerk. Elke boerevereniging sal van hul lede se 2007-waardasies voorsien word, wat toegepas moet word om die verskuldigde grondbelasting uit te werk. Die kantoor sal ‘n kaart met individuele waardes van plase in die onderskeie gebiede aan elkeen van die landbou-unie se 66 boereverenigings se verteenwoordigers uitstuur om die korrekte basis van onverbeterde terreinwaarde vir die berekening van elke jaar se belasting vas te stel.