Mercedes Benz SA herroep meer as 13 000 voertuie

Mercedes-Benz Suid-Afrika het 13 159 van sy voertuie herroep. Verbruikers wat ‘n Mercedes-Benz ML, GL (modelreeks 164) en R-Klas (modelreeks 251) besit word aangeraai om nie die voertuie te bestuur nie en onverwyld met die vervaardiger in verbinding te tree. Die modelle word wêreldwyd herroep en dis moontlik te wyte aan rem-weiering wat deur gevorderde roes-vorming veroorsaak word. Die waarnemende kommissaris van die Nasionale Verbruikerskommissie, Thezi Mabuza, sê die modelle wat hierdeur geraak word, is tussen 2006 en 2019 vervaardig.