Oorgrens samewerking vir water noodsaaklik – Calle

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê dat na al die uitdagings tydens die pandemie, sowel as die huidige probleme wat deur die oorlog in Oos-Europa veroorsaak word, kan Afrika nie bekostig dat water sy ontwikkelingsagenda ontwrig nie. In sy mening is samewerking tussen lande met bronne uiters belangrik. Namibië, as een van die droogste lande in Afrika Suid van die Sahara, werk nou saam met sy bure in verband met riviere wat gedeel word sowel as ondergrondse bronne. Schlettwein sê gedeelde infrastruktuur tussen bure is ook baie voordelig. Hy voeg by dat oorgrens samewerking in verband met waterbronne een van die belangrikste aspekte is vir ekonomiese- en streeks-integrasie.