WEF wil SME’s bystaan
Die Wêreld Ekonomiese Forum wil die potensiaal van klein en medium-ondernemings ontgin. Wêreldwye studies toon dat klein en medium-ondernemings ongeveer 90 persent van ondernemings wêreldwyd verteenwoordig, en verantwoordelik is vir ongeveer 70 persent van indiensneming en bruto binnelandse produk. Die forum se besturende direkteur, Olivier Schwab, sê die organisasie het ‘n Suid-Afrikaanse hoofstuk van sy New Champions Community bekendgestel. Hy sê dit het ten doel om klein en medium-ondernemings aan ‘n groter netwerk bloot te stel ten einde groei te bevorder: