Saara woon Oseane-konferensie in Portugal by
Die Namibiese eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila is in Lissabon, Portugal vir die Verenigde Nasies se Oseane-konferensie. Dit begin vandag en duur tot Vrydag maar Kuugongelwa-Amadhila sal reeds Donderdag terugkeer. Oseane bedek 70 persent van die Aarde se oppervlak en is die tuiste van tot 80 persent van alle lewe op die planeet. Wetenskaplikes sê oseane loop onder ongekende bedreigings deur as gevolg van die mens se aktiwiteite. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die konferensie word aangebied op ‘n tydstip waar die wêreld baie van die diepgewortelde probleme in gemeenskappe wil takel wat deur die Covid-19-pandemie blootgelê is. Die minister van visserye, Derek Klazen, sowel as verskeie amptenare in die ministerie vergesel die eerste minister.