EU kondig samewerkingsplan met Namibië aan

Die Nasionale Beplanningskommissie en die Europese Unie het ‘n samewerkingsprogram van stapel gestuur met die EU en sy lidlande wat Namibië ‘n verdere sewe jaar gaan ondersteun in menslike ontwikkeling en opvoeding, om kinders en jeugdiges ‘n kans te gee vir ‘n beter toekoms. Die program ondersteun ook goeie regering en versterk inklusiewe groen groei, wat nuwe geleenthede vir Namibiese individue en besighede skep, sê die EU se ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Twaku Kayofa, mediabeampte van die EU, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waaroor die program handel.