Invoer-ouderdomsbeperking van nie-komersiële voertuie verhoog

Die Namibiese handelsministerie het die invoer-ouderdomsbeperkings vir nie-kommersiële voertuie vir ‘n tydperk van twee jaar verhoog tot twaalf jaar vanaf die huidige beperkings-ouderdom van agt jaar. Dit volg op ‘n kabinetsgoedkeuring om tussentydse verligtingsmaatreëls vir die tweedehandse voertuigbedryf oor ouderdomsbeperking te voorsien weens die heersende ekonomiese toestande. Die besluit is geneem om bedryfsprestasie te verbeter, gegewe die heersende wêreldwye ekonomiese situasie en die uitwerking daarvan op die Namibiese ekonomiese sektore. Die woordvoerder van die handelsministerie, Elijah Mukubonda.