Ons is te vinnig geneig om te kla, sê slagoffer van ‘n huisbraak

‘n Luisteraar van Kosmos 94.1 het ingeskakel nadat daar by haar huis in Windhoek Wes ingebreek is. Alvina Wellmann sê die boewe het alles weggedra wat hulle kon maar, sy wou ‘n pluimpie vir Nampol gee. Sy sê hulle was uiters vinnig en baie doeltreffend.

Sy herinner ons almal dat ons te vinnig geneig is om te kla.