Hof se beslissing oor Zuma se parool ‘n toonbeeld van regverdigheid
Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie, Defend Our Democracy, sê die Appèlhof se beslissing teen oud-president Jacob Zuma se mediese parool is ‘n toonbeeld van regverdigheid. In ‘n mediaverklaring sê die organisasie die voorkeur-behandeling deur die voormalige nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, is onaanvaarbaar. Zuma is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem op aanklagte van minagting van die Konstitusionele Hof. Hy is later weens swak gesondheid op mediese parool vrygelaat, nadat hy skaars twee maande van sy vonnis uitgedien het.