Paralimpiese-komitee gesels oor para-fietsryers en die Dash
Die 2022 Nedbank Desert Dash sal vir die eerste keer ooit para-fietsryers hê wat sal deelneem. Die Run Along-stigting, in samewerking met die Paralimpiese-komitee en met die ondersteuning van Nedbank het twee vierman-spanne ingeskryf. Die 397-kilometer Dash vind op 9 en 10 Desember plaas. Jean-Paul Schmidt van die Paralimpiese-komitee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.