Janusz Walus sal na Pole gedeporteer word

Chris Hani se moordenaar sal Donderdag op parool vrygelaat word. Janusz Walus se regsverteenwoordiger, Julian Knight, het die nuus bevestig nadat die Konstitusionele Hof verlede week die departement van korrektiewe dienste beveel het om hom binne 10 dae op parool te plaas. Hy was 29 jaar in die tronk nadat hy in April 1993 die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vermoor het. Knight sê Walus moet na sy geboorteland, Pole, gedeporteer word, aangesien hy nie aansoek gedoen het om verblyf in Suid-Afrika nie. Hy sê die departement van binnelandse sake beskik nie oor die mag om ‘n spesiale vergunning toe te staan nie omdat geen aansoek ingedien is nie.