Niemand is nog vasgetrek oor gewapende rooftog

Niemand is nog in verband met die gewapende rooftog in Windhoek-Wes in hegtenis geneem nie. Die voorval het plaasgevind toe vier gewapende rowers twee werknemers van die Puma-vulstasie in Bachstraat se voertuig blokkeer het toe hulle op pad bank toe was. Volgens Nampol het die vier verdagtes, gewapen met twee pistole, uit hul voertuig gespring en skote afgevuur. Hulle het ook die werkers se voertuig met klippe bestook en die geldkis met kontant van sowat 280 000 Namibiese dollar gegryp en weggejaag. Een van die werkers is beseer weens ‘n klip wat hom getref het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kontant is ook nog nie teruggevind nie.