Geloftefeeste op 16 Desember in Namibië beplan

Geloftefeeste word beplan in verskeie plekke regoor Namibië op 16 Desember. Die Geloftefees-komitee in Windhoek beplan die viering van hierdie spesiale dag op die kultuurkalender met ‘n erediens by die Hervormde Kerk in Fidel Castrostraat in Windhoek om half-sewe die aand. Dit word gevolg met ʼn ligte ete en samesang. Emerituspredikant dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid om Geloftefees te vier.