Switser is die vinnigste vrou op die seilplank
Die rekords het gespat by die Lüderitz Speed Challenge. Heidi Ulrich van Switserland het die Brit, Zara Davis, se vroue-seilplankry spoedrekord van 46,49 knope twee keer in vyf minute verbeter. Ulrich het ‘n spoed van 47,16 knope bereik. Sy is nou die vinnigste vrou ter wêreld oor 500 meter op ‘n seilplank. Suid-Afrikaanse deelnemer Karo van Tonder deel haar ervaring met Kosmos 94.1 Nuus.