Quinton de Kock lei Durban Super Giants in SA20-krieketliga

Krieket: Die Protea-kolwer en -paaltjiewagter, Quinton de Kock, sal die Durban Super Giants aanvoer in die SA20-liga wat in Januarie begin. Die voortreflike lopiemaker speel ook vir die IPL-span Lucknow Super Giants, wat die plaaslike span gekoop het. De Kock het in vanjaar se IPL-seisoen 508 lopies aangeteken teen ʼn treftempo van bykans 150. Sy gemiddeld vir sy 8 497 lopies in internasionale T20-krieket is 33. Hy was voorheen Suid-Afrika se kaptein in al drie formate van die spel. Die voormalige veelsydige speler van die Proteas, Lance Klusener, is die hoofafrigter van die Giants.