Outa vra verduideliking oor Gauteng se e-tol-skuld
Die Organisasie teen Belastingmisbruik eis ‘n verduideliking oor die padagentskap Sanral se e-tol-skuld en die Gautengse Snelwegverbeteringsprojek se gedeelte hiervan. Die organisasie is bekommerd die provinsiale regering sal die skuld aan Sanral moet betaal. Outa sê paaie word in ander provinsies gebou sonder dat die provinsiale regerings die kostes daarvan hoef te dra. Die uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê hulle vra verbeterde deursigtigheid en duidelikheid oor hierdie finansies voor die reddingsboei aan Sanral afgehandel word.