Plaaslike banke is nog risiko-sku

Plaaslike banke gaan voort om hul beleggings teen ‘n vinniger tempo te vergroot as kredietverlening aan hul kliënte. Dit bevestig weer eens dat banke meer risiko-sku geraak het in die huidige ekonomiese klimaat ,terwyl die vraag na krediet relatief hoog bly, ondanks die rentekoersverhogings. Met die ekonomiese vooruitsigte wat aansienlik verbeter het vir Namibië oor die medium termyn, blyk dit of plaaslike banke minder belê en die mark meer krediet verskaf om groeigeleenthede te benut en beleggings toe te laat om ekonomiese aktiwiteite uit te brei. Volgens Simonis Storm word Namibië se verbeterde vooruitsigte bewys deur die ekonomie wat in die eerste helfte van 2022 met 6,1 persent gegroei het en na verwagting sal hierdie momentum in 2023 voortduur.