Fishrot-lot terug in die bank vandag

Die Fishrot-lot verskyn vandag weer in die Windhoekse hoërhof nadat hulle meer as drie jaar gelede in hegtenis geneem is in verband met die omstrede korrupsieskandaal wat die land geskud het. Die beskuldigdes Mike Nghipunya, Bernhardt Esau, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Sacky Shanghala, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelelo en Phillipus Mwapopi, is steeds in aanhouding by die Windhoekse Korrektiewe Dienste-fasiliteit. Ricardo Gustavo is vry op borgtog.