ILO-besoek aan Namibië is nie per abuis nie

‘n Vakbond-hoof het sy reaksie gegee op die hoëvlak verteenwoordigers van die Internasionale Arbeids-organisasie het uit Genève, Switserland, wat Namibië tot Vrydag besoek. Namibië se gereedheid en kapasiteit om deel te neem aan die Verenigde Nasies se Global Accelerator on Jobs and Social Protection for Just Transitions as ‘n Pathfinder-land sal geëvalueer word. Die Global Accelerator Initiative het ten doel om lidlande van die VN te help om die oplossings vir probleme soos hoë werkloosheid, veral onder die jeug te bereik. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nie per abuis is dat Namibië gekies is nie.