ID’s vir reis na Botswana – ooreenkoms Vrydag geteken

Botswana se ministerie van arbeid en binnelandse sake het aangekondig dat Namibië en Botswana ‘n memorandum van ooreenkoms sal onderteken om die gebruik van nasionale identiteitskaarte vir die twee lande as reisdokumente vir hul burgers by hul grensposte toe te laat. Die ooreenkoms sal Vrydag by die Mamuno/Trans-Kalahari-grenspos onderteken word. Hierdie ontwikkeling is die hoogtepunt van die inisiatief deur die twee staatshoofde, Namibiese President Hage Geingob en President Mokgweetsi Masisi van Botswana, wat terugdateer tot 2019.