Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad maak geskiedenis in Afrika
Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad het die eerste mediese fasiliteit in Afrika geword om ‘n onverenigbare nier-oorplanting te doen. Die operasie is op die 35-jarige Chervon Meyer uitgevoer nadat haar broer een van sy niere geskenk het om haar lewe te red, ten spyte van die feit dat hy ‘n ander bloedgroep het. ‘n Nefroloog, Zunaid Barday, het die prosedure geprys en sê die sukses beteken dat nieroorplantings nou met onverenigbare bloedgroepe uitgevoer kan word.