Begroting: Goeie nuus oor maatskaplike toelae
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede in die parlement goeie nuus oor maatskaplike toelae gebring. Toelae vir pensioenarisse sal vanaf 1 300 tot 1 400 Namibiese dollar per maand styg en terwyl weerlose kinders ‘n verhoging van 100 dollar per maand vanaf 350 tot 450 dollar per maand sal kry. Die ongeskiktheidstoelaag is verhoog vanaf 250 tot 1 400 dollar per maand.