Tsumeb-inwoners moet steeds geduldig wees oor wateronderbrekings
Wateronderbrekings sal op Tsumeb voorkom totdat die grootskaalse herstel van die Tupperware-dam voltooi is. Inwoners van die dorp word versoek om water op te gaar vir gebruik, aangesien die dorp in sommige dele wateronderbrekings ervaar as gevolg van die herstelwerk wat aan die hoof-waterreservoir gedoen word. Stella Imalwa-Nangolo, woordvoerder van die dorp, sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sekere gebiede kan deur die impak van lae waterdruk geraak word of glad nie water hê nie. Sy bedank die inwoners vir hul geduld.