ATM: De Ruyter moet na parlement ontbied word

Die African Transformation Movement wil hê die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, moet na die parlement ontbied word om besonderhede te verskaf oor sy onthullings oor korrupsie by Eskom en die medepligtigheid van senior ministers en ander top politici. ʼn Woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party is onthuts omdat De Ruyter skielik vrygestel is na sy verdoemende televisie-onderhoude die week.