Freddy gaan Mosambiek môre tref
Mosambiek het ‘n rooi waarskuwing uitgereik oor die tropiese sikloon, Freddy, wat na verwagting môre die land sal tref tussen Govuro en Vilankulo. Die storm het oor Madagaskar beweeg. Die owerhede sê baie swaar reën sal na verwagting in die provinsies Gaza, Manica, Maputo, Inhambane en Sofala voorkom, wat uitgebreide oorstromings sal veroorsaak. Die Mosambiekse raad van ministers het ‘n rooi waarskuwing uitgereik om dit moontlik te maak om reddings-operasies te bespoedig. Freddy sal na raming 1,75 miljoen mense raak, met 1,5 miljoen mense in sentraal-Mosambiek wat oorstromings kan verwag. Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus Freddy sal nie juis ‘n invloed op reënvooruitsigte vir Namibië sal hê nie.