Man-U deur na laaste 16
Manchester United is deur na die laaste 16 van die Europese Liga na ‘n oorwinning van twee-een teen Barcelona op Old Trafford, vir ‘n gekombineerde telling van vier-drie. Die La Liga-voorlopers wat aanvanklik agter, maar het sake gelyk gemaak danksy Robert Lewandowski se strafdoel in die 18de minuut. Die doele in die tweede helfte deur die twee Brasiliane, Fred en Antony, het die wedstryd vir Erik ten Hag se span beklink en Barcelona in die proses uitgeskakel in die Europese kompetisie. Ten Hag was vol lof vir sy spelers: