Maatskappye in vroulike besit sukkel meer as die van mans
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Limpopo bied vandag ‘n geleentheid aan oor die ekonomiese bemagtiging van vroue. Die fokus val op vroue se ongelyke toegang tot openbare en private verkrygingsgeleenthede. Die kommissie se woordvoerder, Tshepang Mokgokong, sê statistieke toon ondernemings in die buurland wat deur vroue besit word sukkel om by verskeie hoofstroom-sakebedrywe in te skakel, en meer steun is duidelik nodig om die ekonomiese speelveld gelyk te maak: