Kaapstad bring kragopwekkers aan by openbare dienste

Die Stad Kaapstad installeer tans kragopwekkers en omkeerderstelsels by dienssentrums in die stad, waar die publiek regstreeks met amptenare skakel om rekeninge te betaal of spesifieke dienste aan te vra. Die eerste drie kragopwekkers is verlede maand geïnstalleer, en nog ses sal in Maart en April in werking gestel word. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê Kaapstad beplan vooruit om sy veerkragtigheid en kapasiteit te verhoog, ten einde die energiekrisis te hanteer: