Ovaherero-gemeenskap briesend oor asielsoekers in die VK
Die Ovaherero-gemeenskappe het met woede gereageer op die nuus van die deportasie van asielsoekende Namibiërs aan die Verenigde Koninkryk, van wie 90 persent glo Ovaherero-sprekendes is. Sowat 1 200 Namibiese burgers het om asiel in die VK aansoek gedoen en sowat 90 persent van hul aansoeke is afgekeur. Die voorsitter en Ovaherero Tradisionele Owerheid se hoof-adviseur oor volksmoord, Nandiuasora Mazeingo, sê die Namibiese regering se bewering dat hulle oor die kwessie op sosiale uitgevind het, is onwaar. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is teleurgesteld en kwaad dat die Namibiese regering by hierdie saak betrokke geraak het.