Astrofisikus gee praatjie by WAP oor swart gat
Professor Heino Falcke, ‘n astrofisikus aan die Radboud Universiteit in Nederland, sal vanaand om half-sewe by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool ‘n praatjie oor die swart gat aanbied. Hy het in 2019 die eerste foto van ‘n swart gat of gravitasiekolk aangebied, wat uiteindelik ‘n swart gat “sigbaar” gemaak het. Die merkwaardige prestasie is selfs meer besonders omdat Namibië ‘n beduidende rol speel in die bevordering van navorsing op hierdie gebied en die konstruksie van die Afrika Millimeter Teleskoop in Namibië. Dr. Marc Klein Wolt, direkteur van die AMT-teleskoop, nooi die publiek uit om die interessante praatjie by te woon.