Visserye se vooruitsigte is maar droewig

Die vooruitsigte vir die Namibiese vissery-sektor in 2023 lyk droewig. Dit is hoofsaaklik as gevolg van voortgesette onwettige visvang deur Angolese maatskappye in Namibiese waters volgens kontakte in die bedryf. Die waarde van vis-uitvoere het in Desember 2022 met 21,5 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, vergeleke met 31,3 persent in November 2022. Op ‘n maandelikse basis het vis-uitvoere byna verdubbel en in Desember 2022 met 50 persent gestyg. Die swak Suid-Afrikaanse rand-wisselkoers behoort verdienste vir vis-uitvoere in die eerste kwartaal van 2023 te bevoordeel, maar Simonis Storm verwag dat uitvoer-verdienste kan daal.