Namibiese aktivis: Waarheen gaan onderwysfondse?
Daar is geen einde aan uitdagings in die Namibiese onderwyssektor nie. Daar word berig dat verskeie skole in Namibië sonder die mees basiese benodigdhede soos handboeke, kopieermasjiene en papier sit, om net ‘n paar te noem. Met die teleurstellende graad 12-uitslae van 2022, hoe is ‘n onderwyser veronderstel om onder hierdie omstandighede goeie uitslae te lewer? Dit is van die vrae van ‘n besorgde burger wat ‘n voorbeeld gemaak het van skole in die Omaheke-streek. Aktivis George Kambala, wat uitgesproke is oor onderwyskwessies in Namibië in die gesig staar, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië is een van die lande in die wêreld wat baie vir onderwys begroot. Hy vra waarheen die geld gaan…