Tropiese sikloon Freddy toon tekens van verswakking

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Suid-Afrikaners sal dalk nie die uitwerking van die tropiese sikloon Freddy voel wat Mosambiek vandag getref het nie. Volgens die voorspeller, Wayne Venter, toon die sikloon tekens van verswakking. Venter sê reënval in dele van Limpopo en Mpumalanga sal na verwagting aansienlik laer wees as wat aanvanklik voorspel is, met ongeveer 50 tot 100 millimeter reën wat binne die volgende paar dae verwag word. Hy het egter gewaarsku die voorspelling kan verander en die storm kan vererger.