Ondanks uitdagings, vaar SA landbou-uitvoere goed 

Na ‘n relatief moeilike jaar van verskeie uitdagings het die Suid-Afrikaanse landbou-sektor tekens van veerkragtigheid getoon en nog ‘n jaar van sterk uitvoere in 2022 getoon. Die jongste uitvoerdata het ‘n jaarlikse groei van vier persent in buitelandse landbou-verdienste getoon, ‘n nuwe rekord-hoogtepunt wat deur sterk kommoditeitspryse ondersteun word. Die jaar is gekenmerk deur onder meer internasionale en binnelandse logistieke uitdagings, gure weer, stygende rentekoerse, hoër insetkoste, sowel as uitbrekings van die bek-en-klouseer wat uitvoere tydelik gestop het. Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer, Agbiz se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.