Malema sê Ramaphosa moet bedank
Die leier van die EFF, Julius Malema het op Konstitusieheuwel in Johannesburg by die mediabekendstelling van die party se 10de bestaansjaarvieringe gesê President Cyril Ramaphosa moet bedank, omdat hy nie meer daarin belangstel om die land se President te wees nie. Malema sê die voortslepende beurtkrag en stygende koste van elektrisiteit en brandstof, het Suid-Afrika in ‘n krisis gedompel.