Trustco-groep trots op sy finansiële resultate
Die Trustco-groep het sterk finansiële resultate vir die 12 maande geëindig 31 Augustus 2022 gerapporteer, saam met sy 30ste opeenvolgende ongewysigde ouditverslag. Ten spyte van die herinstelling van ‘n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ten gunste van Next Capital, die beleggingsvoertuig van die Van Rooyen-familie, het Trustco ‘n toename in basiese verdienste van 276 persent tot 1,437 miljoen dollar in verdienste gerapporteer, vergeleke met die basiese verlies van 815 miljoen dollar in die vorige jaar. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Hy voeg by die toekoms vir Namibië lyk goed.