Afrika-bewaringstrust wil San-rotskuns beskerm
Die Afrika-bewaringstrust het ʼn vennootskap aangegaan met die Ukhahlamba Drakensbergpark-wêrelderfenis-gebied vir die bewaring van die rotskuns van die San, wat vroeë jagters-versamelaars was. Die gebied huisves die grootste versameling rotskuns-afbeeldings in KwaZulu-Natal. Die afbeeldings is betekenisvol vir die gebruik van ‘n geskakeerde polichroom-tegniek en gevorderde vaardighede. Volgens die trust val baie terreine ook buite die park se formele beskerming, wat die omliggende gemeenskappe baie belangrik maak vir die bewaring daarvan. Dit het saam met die Maatskaplike Indiensnemingsfonds gewerk om bewaarders in diens te neem.