Kolisi: Springbokke sal speelstyl moet verander
Rugby: ‘n Groep van 14 Springbokke is tans in Kaapstad vir ‘n oefenkamp van drie weke as deel van hulle voorbereiding vir die verdediging van hul Wêreldbeker-kroon later vanjaar. Die toernooi begin op 8 September in Frankryk. Kaptein Siya Kolisi sê Suid-Afrika sal eenvoudig nie net met die speelstyl kan voortgaan waarmee hy in 2019 in Japan sukses bereik het nie. Hy sê die afrigtingspan dring daarop aan dat die span voortdurend moet ontwikkel.